Rapport

Boeke vlek tabakbedryf wawyd oop

Dirty Tobacco: Spies, Lies and Mega-Profits – A SARS Insider Spills the Beans on Global Crime deur Telita Snyckers. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R295.

Tobacco Wars: Inside the Spy Games and Dirty Tricks of Southern Africa’s Cigarette Trade deur Johann van Loggerenberg. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R320.

Die verbod op tabakhandel het landwyd heftige weerstand ontketen en ’n mens wonder wat op aarde die regering besiel het om te gaan staan en krap waar dit nie jeuk nie – of ten minste wat nóú, in hierdie tyd van groot beproewing, nie juis so erg jeuk nie.

Dit is tog dwaas om ongevraagd teen-standers te skep wanneer ons – die owerheid én elkeen van ons – so dwingend bondgenote nodig het. ’n Mens se gesonde verstand sê om die noodsaaklike dog ongewilde maatreëls teen Covid-19 te bevorder – inderwaarheid hoegenaamd afdwingbaar te maak – is die heelhartige steun van die gemeenskap ’n voorvereiste. Dit bly daarom ’n raaisel waarom die kabinet ingestem het tot dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se tabakverbod wat ’n groot deel van die bevolking nie net vervreem nie, maar na die sluikhandelaars dryf.

Dit is tog verstaanbaar hoekom die rookgewoonte, ondanks al die waarskuwings en toenemend strenger optrede van owerheidsweë, wêreldwyd steeds floreer. Nikotien, die aktiewe bestanddeel in tabak, is ’n besonder verleidelike en verslawende stof (glo heelwat taaier as die opioïede), tegelyk ’n stimulant én kalmeermiddel, aptytwekker

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Steeds Geen Keer Aan Jaguars
Die Jaguars mik vandag na ’n plek in hul sewende agtereenvolgende eindstryd van die Nasionale Liga. Ná elf dae se netbalaksie in Bloemfontein is die laaste vier plekke bespreek. Die Noord-Gautengers pak die Southern Stings om 14:00 in die eerste half
Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band

Related