Huisgenoot

AGTER ELKE SUKSESVOLLE SPRUIT…

MENSE vra my dikwels hoe ek sulke suksesvolle kinders grootgemaak het. Ek sê vir hulle ek het dit gedoen deur hulle hul eie belangstellings te laat nastreef. Ek’s lief vir my kinders, en ek is baie trots op alles wat hulle bereik het. My oudste seun, Elon, vervaardig elektriese motors om die omgewing te red en lanseer vuurpyle. My middelkind, Kimbal, het plaas-tot-tafel-restaurante geopen en leer kinders dwarsoor Amerika om vrugteboorde en groentetuine aan te lê. My jongste, Tosca, bestuur haar eie vermaakmaatskappy, vervaardig romanse-flieks gegrond op blitsverkoperboeke en behartig boonop die regie daarvan.

Elkeen het van kleins af hul belangstellings getoon. Toe Elon nog ’n jong kind was, het ek opgemerk hy lees alles. Ek was ook ’n leser, maar ek het ’n storie vergeet die oomblik dat ek daarmee klaar was. Maar Elon het alles onthou wat hy gelees het. Hy het altyd inligting opgeslurp. Ons het hom “die ensiklopedie” genoem, want hy het die Encyclopaedia Britannica en Collier’s Encyclopaedia gelees en alles onthou.

Dus het ons hom ook “Genius Boy” genoem – ons kon hom enigiets vra. Onthou, dit was voor die dae van die internet. Ek skat ons sou hom nou “The Internet” genoem het.

Op 12 jaar oud het hy sy eerste rekenaar gekry. Dit was in1983, en rekenaars was toe nog baie, baie nuut. Hy het dit leer gebruik en ’n rekenaarprogram, Blastar, geskryf, wat ’n speletjie was. Ek het dit aan ’n paar universiteitstudente gewys wat in my modelskool was.

Daardie ouens was rekenaarwetenskapstudente in hul

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related