Landbouweekblad

Embriospesialis wil bedreigde wild red

As die “vader” van Futhi, die eerste gekloonde dier in Afrika, het dr. Morné de la Rey nie juis bekendstelling nodig nie. Hy het ook talle ander deurbrake in moderne teeltegnieke gemaak en werk kliphard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk baat sal vind.

Selfs pres. Cyril Ramaphosa is een van sy kliënte en vertrou sy Ankolebeeste met hul kenmerkende lang horings aan hom toe.

De la Rey (50) is saam met dr. Robert Treadwell die vennote en direkteure van Embryo Plus, ’n sentrum vir embriowerk, kunsmatige inseminasie (KI) en kwarantyn op Brits in Noordwes. Daar doen hulle onder meer KI, embrioversameling, in vitro-bevrugting, embrio-oorplasing na ontvangerdiere en kriogeniese bewaring.

Treadwell is ook ’n veearts. Hy het hom in 1998 by die onderneming aangesluit en in 2002 ’n direkteur geword.

De la Rey het op Brits grootgeword, waar sy ouers, dr. Ronnie en me. Helena de la Rey, die sentrum in 1980 begin het.

De la Rey is aan die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus as veearts opgelei. Daarna het hy in 1994 saam met sy vrou, Petra, ook ’n veearts, by Embryo Plus begin werk.

Sy pa, wat in 2000 die gesogte Boswell-eerbewys vir uitsonderlike diens aan die veeartsberoep van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred

Related