SARIE KOS

AARTAPPELS 10 X LEKKER

Paspoort in ’n sak aartappels

“IN DIE TYD VAN INPERKING HET DIE AARTAPPEL SY STATUS AS BETROIBRARE STAPELSTYSEL UITGEBOU TOT MY GINSTELING-REISMAAT, WANT ELKE SAK KOM MET 'N PASPOORT”

In die donkerste hoek van my spens, weg van selfs ’n skrefie lig sodat dit nie begin uitloop nie, staan altyd ’n groot sak aartappels.

In die tyd van inperking het die aartappel sy status as betroubare stapelstysel uitgebou tot my gunsteling-reismaat, want elke sak kom met ’n paspoort. Hoe groter die sak, hoe meer stempels om te versamel binne die grense van my eie kombuis.

Bros, goudgebraaide frites, vuurwarm voorgesit in papierhorinkies met selfgemaakte mayo, was die uitnodiging aan my huismense om saam met my ’n verbeeldingsvlug te neem na ’n Belgiese straatkafee.

Wanneer die afsondering tot irritasie onder ons gelei het, was dit ’n kammareis na Portugal wat die gemoedere gelig het. Dan het ons saam gekook aan batatas a murro, waar elkeen sy frustrasies kon uithaal op saggekookte aartappels deur dit plat te moker tot die skil breek. Harmonie het oor ons neergedaal terwyl die gemoerde knolle soteer in olyfolie, botter en knoffel, met ’n paar lourierblare as vredemaker by.

Die dae op moedverloor se vlakte vra ’n reis na ’n Spaanse tapaskroegie vir ’n peuselbord . Jy moet immers dapper wees om die swiepslag van die aartappels, geprut in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS6 min read
Agt Maal Lekker Met Sop
● Kortpad na boontjiesop met al die geur● Geheim van geroosterde soetrissies● Pampoentroos uit jou lugbraaier Hierdie sop is nederig en eenvoudig, maar besonder geurig. GENOEG VIR 6-8 ● 30 ml olyfolie● 1 ui, fyngekap● 2 knoffelhuisies, fyngekap●
SARIE KOS6 min read
TEE SAAM MET Ma!
● Brosbrood ● Lepels vol rooibos-crème brûlée ● Karamel-wortelkoek ● Amandel-en-framboos-financiers ● Sjokoladewafels ● Slim tafeldek-idees geïnspireer deur rooibos ● Hoekom is rooibostee goed vir ons?● Soet peusel-spyskaart vir Moedersdag Die pe
SARIE KOS2 min read
’n Goeie oes
In Mexiko in Mzansi (Penguin, R360) gee sjef Aiden Pienaar tradisionele Mexikaanse kosse ’n Mzansi-flair. Met SA bestanddele en kooktegnieke omtower hy Mexikaanse gunstelinge in boerie-taco’s, chili con carne-vetkoek en sosatie-taco’s. Jy sal jou ver

Related