Huisgenoot

Meesterklas in suurdeegbrood

CISKA Rossouw van Loaves by Madame Baker in Soutrivier, Kaapstad, is so geesdriftig oor die wonders van natuurlike suurdeeg dat sy selfs die “sourdough whisperer” genoem word.

Die kook-en-bakliefde kom van haar ouma Kleintjie (Dorothy Frances Ferreira) wat haar kleintyd toegelaat het om die deeg voor die vuur te “cuddle” voor dit gebak is. George Jardine van Jordan Bakkery op Stellenbosch is haar sjefsmentor, vertel Ciska.

Sy het nou haar eie bakkery. Dit was voorheen in Langstraat, Kaapstad, maar deesdae bedryf sy dit uit die nuwe byderwetse koskern, Salt Orchard in Briarstraat, neffens die besige Soutrivier-hoofstraat. Sy lewer pragbrode oor die hele Kaapse Skiereiland en in die Wynlande af.

Sy bied ook broodbakkursusse aan, wat nou eers net aanlyn is tot tyd en wyl mense weer by die bakkery kan inval om saam met haar deur die wonders van suurdeeg betower te word. Gaan na www.loaves.co.za vir nog inligting.

DIE KWEEK VAN ’N SUURDEEGPLANTJIE

STAP 1

Plaas die volgende in ’n houer:

500 ml water
250 g volkoringmeel
250 g witbroodmeel

STAP 2

Meng goed en bedek die houer met ’n lap. Voer die suurdeegplantjie daagliks deur die volgende te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related