Landbouweekblad

Sy werk ‘saffies’, maar boer kliphard

Daar is selde goeie nuus wanneer die polisie aan jou deur klop. En die Oktober-oggend in 2013 wat kaptein Johnny Kotze van die Van Zylsruspolisiekantoor, vir me. Lorraine de Bruin gaan sien het, het ’n besonderse hartseer lentedag geword.

Haar man, Flippie, het die vorige aand net buite die klein Kalaharidorpie verongeluk. Lorraine en die twee kinders, Gerhard (13) en Anelda (14), was in Kuruman waar hulle in die skool was.

“Ten spyte van die skok en hartseer het ek in daardie oomblik vir Johnny gesê, as iemand vra, die plaas is nie te koop of te huur nie.

“Ek het nie geweet hoe ek dit gaan doen nie, maar ek het geweet ek moet die boerdery aan die gang hou. Vir die kinders se onthalwe. En veral vir Gerhard.

“Ek wou hê hy moet weet daar is vir hom die geleentheid om te boer, as hy dit sou wou doen,” vertel Lorraine.

‘ONS WAS ’N GOEIE SPAN’

Sy het nie as plaaskind grootgeword nie. En haar ouerhuis in Kuruman was boon-op Engels. In die Kalahari word Engels net so min gepraat soos Latyns. “Darem net Kuruman-Engels,” voeg sy by, al is sy vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.

Related