Tuis

Soos  manna uit die grond

Gnocchi met sampioene en pekanneute

Tuisgemaakte gnocchi is vinniger om te maak as wat jy dink. Ná ’n paar keer se oefen kan jy vars gnocchi binne ’n uur op die tafel hê – maar kies gerus kortpad met ’n klaar gekoopte pakkie as jou tyd (of selfvertroue) min is.

Genoeg vir 4 Bereidingstyd: 50 minute Gaarmaaktyd: 30 minute

 6 groot aartappels (sowat 800g)
 1 eiergeel
 sout, peper en neutmuskaat
 sowat 250ml meel, twee keer gesif (sien wenk)
 semolina vir rol

SOUS

 45ml olyfolie
 250g dwergsampioene, in dik skyfies gesny
 125ml pekanneute, fyngekap
 1 knoffelhuisie, fyngekap
 5ml tamatiepasta
 80g (1 pakkie) platblaarpietersielie, fyngekap

1 Sit die aartappels heel in soutwater en kook tot sag (sowat 20 minute, afhangend van hoe groot hulle is).

2 Maak die sous Braai die sampioene in die helfte van die olie tot mooi goudbruin. Roer die pekanneute, knoffel, tamatiepasta en pietersielie by en geur met sout en peper na smaak.

Dreineer die aartappels, laat afkoel tot hanteerbaar en skil af. (Handskoene sal help; die aartappels moet verkieslik nog effens warm wees.)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis2 min read
Uitblinkers!
Kindervriendelik hoef nie kinderlik te wees nie. In dié kinderkamer skep ’n eenvoudige dog stylvolle slaapplek wat aan ’n dagbed herinner, tesame met ’n boheemse palet van pastelpienk en goud, ’n tydlose voorkoms – wat beteken die dekor hoef nie vir

Related