Tuis

Heito POTATO!

Aartappel-maalvleisrol

Weergawes van dié formidabele aartappelrol is die internet vol – me alles van lensiebredie tot spek en eiers in die bros aartappellagie opgerol. Die oorspronklike Tasty.co-video het ons weergawe geïnspireer. (Sien stap-vir-stap-foto’s op bl. 110)

Maak 6 skywe • Voorbereiding: 50 minute Gaarmaaktyd: 45 minute • Oondtemperatuur: 180 °C

• olyfolie vir smeer en vlakbraai
• sowat 200 ml gerasperde parmesaankaas
• 6 aartappels, geskil en in 2 mm-skyfies gesny
• 15 ml olyfolie
• 1 klein ui, gekap
• 500 g maalvleis
• 5 ml braaivleisspeserye (kies jou gunsteling)
• 1 blik (400 g) gekapte tamaties
• ’n groot hand vol babaspinasieblare, geblansjeer
• 300 g ricottakaas
• rooipeper, vars vinkelblare en gerasperde suurlemoenskil na smaak
• 2 eiervrugte, in skyfies gesny en gaar gerooster
• ’n strooisel gekapte pietersielie
• sowat 9 skyfies mozzarellakaas

1 Voorverhit die oond. Voer ’n reghoekige bakplaat (sowat 29 x 34 cm) met bakpapier uit en smeer met ’n bietjie olyfolie. Strooi ’n lagie parmesaankaas oor die oppervlak en rangskik die aartappelskyfies in rye sodat die skyfies effens oorvleuel en ’n kammosselpatroon vorm. Strooi nog ’n bietjie parmesaan oor, geur met ’n knippie sout en bak vir 30 minute tot goudbruin en gaar.

Verhit ’n skeut olyfolie en braai die ui tot glansend. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Geur goed na smaak met vir byt. Roer die tamaties by en laat prut tot ingedamp en taamlik droog. Laat afkoel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related