Kuier

GERED DEUR GENADE

Mammie, jy het aan die ander kant van die heining geland. Jy het histeries geskree, gehuil en’n geraas gemaak.
SHAUNTAY FORBES

‘n Mens se lewe kan sonder waarskuwing, in ’n oogwink onherroeplik verander. Só het ’n enkelma van Uitenhage in die Oos-Kaap amper te laat besef ná ’n grusame ongeluk byna die lewe van haar seun geëis het.

Net ’n maand voor die ongeluk in September verlede jaar sou haar seun, Riley (toe 5), nog elke keer as hy stout was en raas gekry het, vir ma Tarryn Forbes (26), ’n administratiewe assistent, vra:“Mammie, wat sal jy doen as ek doodgaan?”

“Ek sal jou net begrawe, ek sal nie eens huil nie,”sou sy dan grappenderwys antwoord. Tog het nagmerries oor dié gedagte haar begin teister, maar ook nie werklik voorberei op wat op haar gewag het nie. Albei Tarryn se jong kinders is ernstig in die skrikwekkende ongeluk beseer, maar Riley het die slegste daarvan afgekom.

Tarryn is self ernstig beseer en in ’n stadium het dit gelyk asof sy dalk nooit weer sou kon loop nie, maar dit was die minste van haar kommer. Wat vir haar die ergste was, was dat sy nie haar seuntjie kon bystaan in sy uur van nood in sy verbete geveg teen die dood nie, want sy was self aan ’n hospitaalbed vasgekluister.

Dinge was in ’n stadium so beroerd dat dokters reg was om die masjiene af te skakel wat klein Riley aan die lewe gehou het, maar hy was nog nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Laat Kollageen Só Vir Jou Werk
Ai, as daar maar net ’n pilletjie was wat kon keer dat ek ouer begin lyk. Dalk het jy al voor die spieël gestaan en dié woorde gedink. Kollageen is dalk net dié wondermiddel, as jy die bekendes en influencers kan glo. Sommige vertel dit help onder me
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 314 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: CORRIE HANSEN, SHARON SERETLO EN INSTAGRAM/@LAURIKARAUCH ■

Related