Ingeperk - in die Jaar van die Rot
‘Go, go, go!” styg die stemme ’n oktaaf hoër in dringendheid. Saam met ’n expatstapgroep is ek in die berge om die Chinese Nuwejaar te vier. Dis die Jaar van die Rot . . .
Vroegaand word ons uit die bloute bus toe gejaag ná ’n dag se stywe stap teen die Bulkopberg in asemrowende landskap. Die paniek word aangewakker deur die feit dat ons die 328 km, ’n vyf uur lange rit, terug na Sjanghai moet aandurf. Die nuus is kort tevore ontvang: Passasiersbusse sal net tot middernag die stad binnegelaat word.
Die griep in Wuhan wat tot nou toe ver en geïsoleer was, kom sit as ’n stil passasier in die bus. Maskers word uitgedeel terwyl selfone gons om meer inligting te bekom. Ons dogter, Clea, hou skool in Sjanghai. Sal ek grendeltyd by haar deurbring of eerder in my eie nes op Longshan op die platteland?
Die afgelope
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days