Weg!

Die dorp wat nie ’n dorp is nie

Die pad wat my vandag na Copperton lei, is een wat min mense ooit ry. Ek het op Kakamas wakker geword en is van daar grondpadlangs na Kenhardt, en toe verby plase met name soos Liefdood, Latrivier, Ysterdoringkolk en Droëwater in die rigting van Vanwyksvlei, waar ek kort duskant dié dorpie links gedraai het – steeds grondpad – tot by Copperton. Behalwe die paar dorpskarre op Kenhardt het ek op die res van die byna 300 km net twee karre teëgekom.

Ek het Copperton dus van agter af bekruip, uit die weste. Die maklikste roete is van Prieska af, in die teenoorgestelde rigting (sien kaart op bl. 44). Daarvandaan is dit 60 km gerieflike teerpad met vervalle telefoonpale vol versamelvoëlneste vir geselskap (kyk of jy ook 300 neste tel).

Rondom Copperton lê die Karoo wyd, met slegs enkele skaapplase waarvan jy nou en dan die opstalle se wit mure veraf sien bol in die sonlig, soos die seile van skepe.

Maar Copperton is anders. Dit was ook eens net skaapwêreld, met ’n paar verloopte Duitsers wat in die eerste helfte van die 1900’s koper op die oppervlak uitgegrawe het (die eerste blou koperklippe is blykbaar deur meerkaaie uitgegrou). Maar in 1972 het AngloVaal begin koper en sink myn. Dis tóé dat Copperton ontstaan het, as woonplek vir mynwerkers.

Nadat die myn in 1991 gesluit is (daar is sprake van om dit te heropen onder nuwe eienaar, Orion Minerals), het Krygkor die Alkantpan-toetsterrein langsaan begin. Hier word vandag nog allerhande grofgeskut getoets – ander lande bring ook hulle kanonne hierheen vir teikenskiet.

Terwyl ek aanry na Copperton, lê Alkantpan se grond links van my. Dan sien ek die ou myndam.

Regs glinster ’n sonplaas soos ’n brommer se saamgestelde oog: blink, perfek gerangskikte panele. Hier is drie sonplase, en nóg kom. Wit bakkies met oranje ligte op die dak ry rond, nuwe paaie word gemaak, bouwerk is aan die gang. ’n Windplaas word opgerig.

Ek draai op dieselfde tyd as een van die wit bakkies in na die Nelspoortjie-gasteplaas, Wilhette en Pieter Fourie se netjiese plek, wat herberg bied aan al die kontrakteurs wat hier kom woel.

Ek pak my tas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
V & A
DENISCHKA UYS van Durbanville skryf: Ek het hierdie spinnekop in ons tuin gesien. Dit het vir ’n paar dae op dieselfde plek gesit en daar was babaspinnekoppe in kleiner webbe rondom dit. Watter soort spinnekop is dit? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related