Huisgenoot

ÉÉN IN ONS AFSONDERING

IN HIERDIE dae is daar een refrein wat telkens hoop skep wanneer dit voel of die coronavirus ons almal se lewe omvergewerp het: Ons is nie alleen nie.

Want al word miljoene Suid-Afrikaners nou gekonfronteer deur uitdagings wat tot ’n paar weke gelede nog ondenkbaar was, is dit nie net ons wat spartel en swaarkry nie.

Teen druktyd het sowat die helfte van die wêreld se bevolking onder inperkingsmaatreëls geleef om die verspreiding van die coronavirus te probeer keer en het mense mekaar oor landsgrense heen bemoedig om vas te hou aan die hoop op beter dae.

En 40 jaar ná die dood van die ikoniese sanger John Lennon klink dit selfs of die virus sy versugtinge in die liedjie “Imagine” laat realiseer: You may say I’m a dreamer /But I’m not the only one /I hope some day you’ll join us /And the world will live as one.

Al is ons vandag meer afgesonder van mekaar as ooit tevore, is dit asof die COVID-19-pandemie die wêreld op ander maniere verenig het.

Huisgenoot het gesels met mense in alle uithoeke van die wêreld – die burgers van ander lande wat saam met ons in dié stryd swaarkry, maar ook moedig bly.

Hier is hul boodskap van anderkant ons land se grense.

GLORIA FRATTER, Italië

Die strate is spookagtig stil, sê Gloria Fratter (37), ’n grafiese ontwerper van Venesië. “Dis angswekkend om te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related