Kuier

CORONA DIS ’N RAMP!

Die skrikwekkende syfers vertel die storie van die coronapandemie wat binne enkele maande regoor die wêreld amok gesaai het. Honderdduisende is besmet, die dodetal styg elke minuut en die wêreldekonomie wankel erg.

Die grootste stede in die wêreld lyk soos spookdorpe, lande sluit hul grense en daar is omtrent nie meer vliegtuie in die lug nie. Miljoene wêreldwyd moet tuis bly om te keer dat die nuwe corona-virus (COVID-19) verder versprei.

COVID-19 is ’n hoogs aansteeklike respiratoriese siekte wat gepaardgaan met die virus wat as Severe Acute Respiratory Syndrome Coronavirus-2 (SARS-CoV-2) bekend staan.

Die meeste skole is ook gesluit en na raming is meer as 850 miljoen leerders wêreldwyd tuis.

Die bevestigde gevalle wêreldwyd trek by ’n kwartmiljoen en meer as 10 000 mense wêreldwyd het reeds die stryd teen COVID-19 verloor. Maar dit was teen Kuier se druktyd en kenners voorspel dié prentjie gaan net donkerder raak..

En teen die tyd dat jy hier lees, het dinge waarskynlik reeds verander.

Maar dit is wat ons nou weet: Daar is nog geen geneesmiddel nie, hoewel moontlike entstowwe wêreldwyd getoets word. Die joernaal Natural Medicine het intussen berig dis nou wetenskaplik bewys dat die virus nie mensgemaak is nie, soos uit verskeie oorde aangevoer is. Regerings wêreldwyd maak noodplanne om hul burgers en ekonomieë te beskerm sodat alles nie ten gronde gaan nie.

Daar is darem ook goeie nuus. Jy kan herstel as jy eers besmet is, maar dan moet jy nie kontak met ander het nie en die nodige voorsorgmaatreëls nakom. Ouer mense is die kwesbaarste en kontak met hulle moet veral vermy word.

Dit lyk ook of China, waar die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Die A-z Van K-beauty
Koreaanse skoonheidsorg, oftewel K-beauty, is al ‘n ruk lank die in-ding onder skoonheidskenners. Die klem is op moisturising, bestanddele wat sagkens op die vel werk, en ‘n natuurlike gloed van binne. Jy het dalk reeds produkte wat as Koreaanse skoo
Kuier2 min read
Boodskappe
“My ma het my geleer van menswees”, 9 Mei Ek het Jill (Levenberg) en haar ma op die Koortjies-program gesien en toe die fantastiese band tussen ma en dogter gesien, en hoe hulle ‘n mens lekker kan laat lag. Antie Carol het in daardie oomblik diep in
Kuier1 min read
11 April 2024 Se Oplossings
VRAAG: Wie vertolk die rol van Penelope in Bridgerton? WENNER: STER-BLOKRAAI NR. 231 Ilse Swart, Melkbosstrand Dwars: 1. Kallus; 7. Boeke; 12. Ria; 13. Auk; 14. Onwel; 15. Irak; 16. Rigters; 17. Sensus; 21. Semi; 22. Meen; 25. Vlae; 27. Ore; 29. Invo

Related