Huisgenoot

ANTWOORDE IN DIE CORONA-HARWAR

OOR landsgrense heen het dit die wêreld in ’n greep van vrees beetgekry en ander nuus van voorblaaie verdring. Skielik is COVID-19 op almal se lippe, ’n nuwe virale siekte wat die wêreld soos ’n tsoenami uit die Ooste getref het en oor die aardbol heen verskrikking saai.

Uit China – waar die nuwe coronavirus vermoedelik by ’n dieremark in die stad Wuhan vir die eerste keer van vrugtevlermuise na die mens oorgedra is – het dit binne drie maande na meer as 100 lande versprei. Dit het selfs sy pad tot by ons aan die suidpunt van Afrika gevind, met sewe bevestigde gevalle in Suid-Afrika teen druktyd, maar genadiglik nog geen sterfgevalle nie.

In die res van die wêreld is daar reeds meer as 100 000 bevestigde gevalle en ’n dodetal van meer as 3 500.

Intussen wys skrikwekkende beeldmateriaal uit Iran – een van die lande wat die swaarste getref is – hoe lyksakke oor ’n vloer van ’n hospitaal gestrooi lê.

Met die virus wat soos ’n sluwe verstekeling saam in vliegtuie reis, gewaar jy mense met gesigmaskers op lughawens. Pleks van ’n atmosfeer van opwinding, heers daar kommer. Droomreise ontaard in nagmerrie-ervarings. Gewilde toeristebestemmings soos in Italië – waar van die grootste uitbrekings van COVID-19 is – word in spookdorpe met verlate strate omskep.

En met fabrieke en ondernemings wat in China tot stilstand geruk is, en internasionale sakereise

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe