SARIE KOS

KOOK vegetaries

1 Wie is Prue Leith?

Ek is entoesiasties en sê moeilik nee. Ek stel belang in soveel meer as kos: Ek ontwerp juwele, skryf romans, en beywer my daarvoor om kinders in Britse skole beter te laat eet. Ek wil ook hospitaal- en tronkkos verbeter. Dit maak my warm onder die kraag as die regering nie geld reg spandeer nie. Tog, as ek my lewe moet opsom, is ek net gelukkig. Prue Leith is tevrede met die lewe!

2 Waar kom jou naam vandaan? Dis baie uniek.

Dis Skots. Al my grootouers was Skotse emigrante wat na Suid-Afrika gekom het. Ek is in Kaapstad gebore en het hier grootgeword. Op 18 is ek Frankryk toe en daarna Londen.

3 Sien jy jouself steeds as ’n Suid-Afrikaner?

Ek sal altyd een bly. Ek het familie hier en kom elke jaar kuier. My kookskool in Pretoria lê my ook na aan die hart en dis belangrik dat ek gereeld inloer om seker te maak dis op standaard.

4 Wat is jou gunsteling- Suid-Afrikaanse gereg?

Ek hou baie van melktert, maar my gunsteling is bobotie. Dis goedkoop en maklik om te maak as jy onthaal, en dis lekker warm óf koud.

5 Beïnvloed Afrika steeds jou manier van kook?

Natuurlik. Maar nie net op kosgebied nie. My uitkyk op mode, dekor, tuine en kleur kom alles uit Afrika. As jy in Afrika grootword, is kleur so deel van alles wat jy doen en hoe jy dink. Toe ek my eerste tuin in Londen aangeplant het, wou ek alles helder maak soos in Namakwaland. Ek het bosse geplant

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
Hoor Gou
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op
SARIE KOS6 min read
Stádige Kos, Vinnig-vinnig
● Wenke vir jou drukkoker● Só werk die tegnologie● 6 resepte met goedkoper vleissnitte Hierdie bredie gaan almal aan jou tafel beïndruk. Dis bekostigbaar met groot smake. Sit voor met basiliekruidpesto om deur die ryk sous te sny. GENOEG VIR 8 ●
SARIE KOS6 min read
TEE SAAM MET Ma!
● Brosbrood ● Lepels vol rooibos-crème brûlée ● Karamel-wortelkoek ● Amandel-en-framboos-financiers ● Sjokoladewafels ● Slim tafeldek-idees geïnspireer deur rooibos ● Hoekom is rooibostee goed vir ons?● Soet peusel-spyskaart vir Moedersdag Die pe

Related