Huisgenoot

Somer op ’n bord

DIE bekende sjef Tjaart Walraven het sy boek Summer Food saamgestel met al sy beste en gunstelinggeregte omdat sy vriende en familie hom gereeld vra om ’n resep met hulle te deel.

Dié beoordelaar van The Great South African Bake Off se boek bevat maklike maar gesofistikeerde resepte vir almal, selfs die fynste fynproewers onder ons.

HOENDERPASTEI

Dit is een van my topkulresepte, maar so lekker, dit smaak asof jy self die hoenders gebraai het. Dis vinnig en maklik, veral as jy nie juis geïnspireer voel nie. Jy sal boonop die meeste van die bestanddele in jou koskas hê. Die beste van alles is die pastei proe ná ’n dag of twee nóg beter. Ek vra graag my vriende se kinders om te help, want hulle is goed daarmee om die vleis van die karkas af te stroop. ’n Mens moet net ’n ogie hou, anders verorber die kleinspan al die sappige vleis voor jy die pastei maak!

GENOEG VIR 8-10 MENSE

BEREIDING: 15 MIN.

GAARMAAK: 35 MIN.

◗ heel gaar hoenders
◗ olyfolie
◗ 4 middelslagpreie, in skywe gesny
◗ seesout en swartpeper na smaak
◗ 500 g sampioene, gesny
◗ 200 ml witwyn
◗ 500 ml (2 k) room
◗ 60 ml (¼ k) gekapte vars kruie soos origanum, tiemie of pietersielie of ’n kombinasie daarvan
◗ 1 x 400 g-rol klaargemaakte blaardeeg
◗ 1 eier, geklits
◗ Voorverhit die oond tot 180 °C.

Trek die hoendervleis in happiegrootte-stukkies af en skeur in dun repies. Plaas in klein ramekins of cocotte-potjies of een groot, oondvaste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related