Huisgenoot

Asemrowende AARTAPPEL

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

AARTAPPELWIGGIES met SESAMSAAD

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 25 MIN.

Hierdie geurige aartappels is perfek om saam met braaivleis of selfs pangebraaide vis voor te sit.

◗ 15 ml (1 e) olie
◗ 5 ml (1 t) fyn koljander
◗ 5 ml (1 t) paprika
◗ 5-10 ml (1-2 t) komynsaad
◗ 30 ml (2 e) sesamsaad
◗ 30 ml (2 e) botter
◗ 3 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 700 g aartappels, gekook en in dik wiggies gesny (dis nie nodig om dit te skil nie)
◗ sout, na smaak

VIR VOORSIT

◗ vars koljanderblare
◗ suurlemoenskyfies

1 Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die speserye en sesamsaad ’n paar minute tot geurig.
2 Voeg die botter en knoffel by en roerbraai nog ’n paar minute.
3 Meng die gaar aartappelwiggies versigtig deur tot dit goed met die speserymengsel bedek en deurwarm is. Geur met die sout.
4 Vir voorsit Strooi die koljanderblare oor en sit die aartappels voor saam met die suurlemoenskyfies.

AARTAPPELTJIES met KOMKOMMER-PIEKEL

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 50

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related