Idees

RETRO OP JOU BORD

SALM-MOUSSE

Salm-mousse was een van die groot partytjiestaatmakers in die jare sewentig, maar toe ek my kollegas begin uitvra, kom ek agter dis steeds ’n groot gunsteling by baie familiebyeenkomste. Ons het die mousse effens gesonder én smaakliker gemaak deur jogurt pleks van room te gebruik en dit toe met vars dille afgerond.

Genoeg vir: 8-10

Bereidingstyd: 40 minute, plus stoltyd oornag

♥ 1 klein ui, geskil en grofweg gekap
♥ 1 selderysteel, gekap
♥ 1 blik (400 g) salm in soutwater, gedreineer en grate verwyder (jy kan ook tuna gebruik)
♥ 175 g salmgeur roomkaas
♥ 125 ml Griekse jogurt
♥ 125 ml mayonnaise
♥ 15 ml suurlemoensap
♥ 10 ml fyngekapte vars dille
♥ 30 ml tamatiesous
♥ 10 g (15 ml) gelatienpoeier
♥ 2-5 ml Tabascosous
♥ ’n paar druppels pienk koskleursel (opsioneel)
♥ radyse, babakomkommertjies, suurlemoenwiggies en bronkors, vir garnering
♥ Bacon Kips of enige soutbeskuitjies van jou keuse, om voor te sit

1 Plaas die ui, seldery, salm (of tuna), roomkaas, jogurt, mayonnaise, suurlemoensap, dille en tamatiesous saam in ’n voedselverwerker en verpulp dit tot ’n gladde mengsel.

2 Gooi 30 ml vuurwarm water (nie kokend nie) oor die gelatienpoeier en roer dit tot dit opgelos het. Laat dit vir ’n paar minute eenkant afkoel. Voeg ’n bietjie van die salmmengsel by die gelatien wanneer dit afgekoel het en roer dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related