Huisgenoot

Proe die PYNAPPEL

OOSTERSE SLAAI

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: SOWAT 7 MIN.

Kikker ’n verskeidenheid groenigheid op met repies pynappel, avokado, gesoute neute en noedels.

SLAAISOUS

◗ 80 ml (⅓ k) soesji-ryswynasyn
◗ 30 ml (2 e) balsemieke asyn, bosbessiegeur
◗ 60 ml (¼ k) kanolaolie
◗ 15 ml (1 e) sesamolie (opsioneel)
◗ 5 ml (1 t) sagte bruinsuiker

SLAAI

◗ 250 g soba-noedels, volkoring-Chinese noedels of eiernoedels
◗ 150 g groen blare soos bronkors, babaspinasie en roket
◗ 1 Libanese komkommer, in skyfies gesny
◗ 1 avokado, in repies gesny
◗ ’n halwe pynappel, in stokkies gesny
◗ 4 hande vol vars kruie soos koljander, ment en basilie
◗ 4 stingeluie, in dun ringe gesny
◗ ’n groot hand vol geroosterde gesoute gemengde neute (amandels, pekanneute, kasjoeneute, Brasiliaanse neute)

Klits al die bestanddele goed saam. Kook die noedels volgens die aanwysings tot net gaar, dreineer en plaas in ’n slaaibak. Giet ’n bietjie van die slaaisous oor en laat afkoel. Voeg die blare by die noedels en rangskik die komkommer, avokado en pynappel Sprinkel die kruie, stingeluie en neute oor en sit voor.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related Books & Audiobooks