Huisgenoot

Proe die PAPRIKA

KRUMMELVARK-FILET met SOETRISSIEPUREE

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN.

Hierdie spoggerige varkfilet is nie net lekker sappig en sag nie; dis ook binne ’n ommesientjie gaar. Boonop is dit baie bekostigbaar. Die spinasie-enkaasvulsel en bros krummel gaan heerlik saam met die soetrissiepuree.

VULSEL

◗ ½ ui, gekap
◗ 1 knoffelhuisie, fyngedruk
◗ olyfolie
◗ 125 g spinasie, gekap
◗ 200 g wit cheddarkaas, gerasper

FILETTE

◗ 2 groterige varkfilette, so 800 g, in dik porsies van sowat 4 cm gesny
◗ sout en peper, na smaak

SPESERYSMEERSEL

◗ 10 ml (2 t) paprika
◗ 1,25 ml (¼ t) brandrissievlokkies (opsioneel)
◗ 10 ml (2 t) fyngedrukte knoffel
◗ 5 ml (1 t) bruinsuiker
◗ 5 ml (1 t) uiesout
◗ 45 ml (3 e) olyfolie

KRUMMEL

◗ 250 g growwe witbroodkrummels
◗ 15 ml (1 e) botter
◗ 20 g parmesaankaas, gerasper
◗ 10 ml (2 t) tiemieblaartjies

PUREE

◗ 2-3 rooi soetrissies
◗ 1-2 geskilde knoffelhuisies
◗ ’n goeie skeut olyfolie en balsemieke asyn

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n paar bakplate.

  Roerbraai die ui en knoffel in ’n bietjie olyfolie tot net sag. Verwyder van die hitte en roer die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related Books & Audiobooks