Vrouekeur

TOPHONDE wat dien

Belladonna, ’n sesjarige golden retriever, stap saam met haar hanteerder die ouetehuis se trappe af. Sy kan met goeie rede spog. Engela*, ’n 82-jarige vrou, se lewe is op ’n aangrypende manier deur haar aangeraak.

Volgens die personeel van die ouetehuis het Engela ná haar man se afsterwe sowat ses maande gelede nog nie ’n enkele woord gesê nie. Niemand kan met sekerheid sê of dit die gevolg van alzheimersiekte of rou is nie.

Vir Belladonna maak diagnoses glad nie saak nie. Wat wel saak maak, is ’n mens wat vertroosting nodig het. Die matrone van die ouetehuis was skepties, maar heel gewillig dat Belladonna en haar hanteerder Engela besoek. Die eerste tien minute het Engela hulle geheel en al geïgnoreer, maar Belladonna vat nie sommer nee vir ’n antwoord nie.

Sy het liggies met haar kop teen die vrou se beweginglose hande gedruk. Twee vingers het begin roer. Versigtig. Huiwerend, asof hulle toestemming vra, en toe het dit ’n oomblik sag op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur2 min read
Op Die Verhoog
In ’n tyd van onderduimsheid, magsug, rugstekery en korrupsie het die Metropolitan Opera in New York vroeër vanjaar ’n opera aangebied waarin al dié elemente van die huidige politieke bestel uitgebeeld word. Dié opera sou van 31 Maart af in Cinema No
Vrouekeur3 min read
Die Belangrikste Boek
Ds Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al 20+ jaar ’n predikant Die maatskappy Fedex het ’n advertensie gehad wat hulle op die fliek Castaway geskoei het. In die fliek is Tom Hanks

Related Books & Audiobooks