Weg!

SLAAP ANDERKANT DIE DRAAD

Etosha se ruskampe se grootste troefkaart is hulle verligte watergate. Min dinge is lekkerder as om vroegoggend met ’n koppie koffie langs ’n watergat te sit en kyk hoe olifante suip.

Maar dié einste watergate lok hordes busse, safaritrokke en huurbakkies vol toeriste na die Okaukuejo-, Halali-en Namutoniruskamp en dryf die prys van die blyplekke die hoogte in.

Deesdae is hier ’n hele paar blyplekke wat goeie waarde vir geld bied net buite die park. Die kampgeriewe is dikwels beter (eie ablusie, meer privaatheid) én dis goedkoper. Boonop het van die plekke diere én watergate. Trouens, by Etosha Village gaps ’n gemsbok die slaaiblare van jou bord af en by Etosha Safari Lodge & Camp sny vlakvarke die gras. Daarby is Sachsenheim een van die beste plekke in Namibië waar jy ’n swartwangkatlagter van jou voëllys kan afmerk.

PRYS PER PERSOON (KAMP)

PRYS PER GESIN VAN 4 (KAMP)

1 NOMMER OP KAART OP BL. 90

ETOSHA SE PRYSE

Ons dui by elke blyplek die prys per persoon en vir 'n gesin van 4 wat kamp (2 volwassenes en 2 kinders jonger as 12) aan sodat jy dit met Etosha se kamppryse kan vergelyk. Dit kos R333 p.p. (R389 p.p. vanaf Julie) en halfprys per kind tussen 6 en 12 jaar om in die park te kamp, dus R999 p.n. vir ’n gesin. Selfsorgblyplek begin by R1 110 p.p. met ontbyt, dus R3330

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om

Related