SONDE OOR DIE DIERE
OP DIE uilplaas net buite Hartbeespoort – waar jy omring word deur meer as 120 van dié gevlerkte gediertes – hoor jy selfs ná dagbreek steeds kort-kort die uile se hoe-hoeklanke êrens vanuit ’n hoë boom.
Dis ’n heilsame toneel van rustigheid – een wat jy nie sommer in ’n woelige stad met sy geroesemoes ervaar nie.
Maar die vrede is net ’n uillusie.
Want eintlik is die duiwel los hier by die uilreddingsentrum op Bokfontein in Noordwes. Die sentrum se eienaars, Brendan en Danelle Murray, is in ’n vuurwarm twis met die Johannesburgse Wildlife-dierehospitaal gewikkel. Nou word hulle gedagvaar vir R500 000 in skadevergoeding oor beweerde laster.
En die rede vir die vete? ’n Lastige jakkalsvoël wat sy kloue in Brendan se regterhand ingeslaan
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days