Weg! Platteland

Welkom in die   ysterdriehoek

As ’n mens van die Kalahari praat, dink mense dadelik aan gemsbokke op rooi duine en groot stiltes terwyl die son skouspelagtig ondergaan. Maar op dié sanderige stuk Suid-Afrika is die land se snelgroeiendste dorp, een van die wêreld se grootste oopgroef-ysterertsmyne en een van die langste en swaarste produksietreine op die planeet te vinde. Hier kry jy ook die grootste van slegs twee kameeldoringboomwoude ter wêreld en die grootste varswaterfontein in die Suidelike Halfrond.

Kathu

Die myn-konyn

Kathu word beskou as die ysterertshoofstad van Suid-Afrika, want net suid van die dorp lê die yslike Sishenmyn. Maar Sishen is lankal nie meer die enigste myn hier rond nie; Kathu word omring deur tientalle kleiner ysterertsmyne. Dis moeilik om te glo, maar ’n paar jaar gelede het dinge in dié wêreld baie anders gelyk. Iemand wat dit baie goed onthou, is Forward Olifant, want hy het “saam met alles grootgeraak”.

“Yskor het in 1953 begin myn,” vertel Forward. “Dit was op ’n stuk van die plaas Dingle. Nou, die myndorpie was daai tyd daar by die myn en dié se naam was Sishen. Die hoofdorp was slegs vir blankes. Dan was daar die kampong met die naam White City, en daar het swart mense gebly. Hulle het dit White City genoem, want al die huisies was wit. Schoutenkamp was langs die treinspoor en die ou Kurumanpad, en dit is waar die Kleurlingmense gebly het.”

Die myn het só uitgebrei dat daar tussen 1972 en 1977 baie nuwe huise gebou moes word – iets wat gelei het tot die ontstaan van Kathu, sowat 15 km noord van Sishen.

“Maar van ’77 af het die wêreldwye sanksies teen Suid-Afrika ook die mynbou hier erg geraak en baie mense het hulle werk verloor. Dit het veroorsaak dat Sishen en Kathu albei

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland3 min read
Eet, Drink, Wees Plesierig!
Stap deur Sutherland se geskiedenis Amanda du Preez se staptoer, Sutherland on Foot, is ’n lekker manier om meer van die dorp te sien en leer. Sy vertel stories oor die ou geboue en vroeë tye terwyl jy vir sowat twee uur die strate verken. Daar is ni

Related