Weg! Platteland

Kleinmond, Grootmond

‘Grootmond is eintlik ’n beter naam vir hierdie plek, want Kleinmond se mense hóú van gesels,” sê die voormalige Gautengers Eric en Kayla van der Walt ná skaars drie maande op hulle nuwe tuisdorp. “Dis regtig baie meer sosiaal hier as wat ons gedink het dit sal wees.”

Soos vir Platteland is dit die jong egpaar se eerste besoek aan Kleinmond Central Café, ’n alternatiewe kulturele polspunt op die dorp waar wildvreemdelinge as ’t ware by tafels “saamgedwing” word om oor “die stories van die dag” te gesels. “As jy nie met strangers kan praat nie, is dit nie die plek vir jou nie, want that’s our thing, ons hou van ’n lekker storie,” groet ’n beeldskone, bekkige vrou wat gou blyk Erika Janse van Rensburg te wees. Sy en haar lewensmaat, Krige Visser, wou ’n sosiale bymekaarkomplek op die dorp skep, ’n tuiste weg van jou huis af. “Lank gelede het haas elke plattelandse dorpie mos ’n Standard Bank en ’n Central Hotel of Central Café gehad. Ons restaurant bring hulde aan die gemoedelikheid en intimiteit waarmee ’n mens die platteland vereenselwig,” verduidelik hulle.

Albei het eens in die Kaap gewerk, in die korporatiewe omgewing–Erika, ’n kranige bakker, by verskeie kosinvoerders en -verspreiders, en Krige, ’n gebore “mensvoerder” en kos-na-aper, in die skakel- en reklamewese en wynbedryf. Hy maak steeds wyn vir die verloopte Italianer Sandro Arcangeli onder die handelsmerk Arcangeli, asook sy eie Mount Abora Koggelbos Chenin Blanc en Saffraan Cinsaut saam met sy sakevennoot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland3 min read
Eet, Drink, Wees Plesierig!
Stap deur Sutherland se geskiedenis Amanda du Preez se staptoer, Sutherland on Foot, is ’n lekker manier om meer van die dorp te sien en leer. Sy vertel stories oor die ou geboue en vroeë tye terwyl jy vir sowat twee uur die strate verken. Daar is ni

Related