Weg! Platteland

Lang vingers

Aspersies laat ’n mens dadelik aan vroeglente dink, maar in Suid-Afrika is dié heerlike groentesoort die grootste deel van die jaar beskikbaar – ook in die winter.

Dis lekker én mooi én goed vir jou – en die maklikste ding om gaar te maak. Die groot geheim is om dit nie lank te kook nie. ’n Bak met kokende water waarin jy jou lieflike spriete dompel, is voldoende – of jy kan hulle gaar stoom. Die belangrikste reël? Die spriete is gereed sodra hulle heldergroen word: Skep hulle dadelik uit, staan gereed met die bord, sous en eetgerei… en val weg!

Vir my werk roerbraai die beste – met genoeg botter en lekker baie swartpeper daarby. Al wat jy dan nodig het, is ’n skeut suurlemoensap en ’n paar skaafsels parmesaan.

Piekelaspersies in ’n kits

Maak 2 x 1 ℓ-flesse

Bereidingstyd 10 minute

Hierdie piekelaspersies is iets heeltemal anders as daardie vaal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related