Fred Astaire laat waai op Bapsfontein
Bapsfontein is ’n ánderster plek. In die jare voor snelweë het ons altyd van my grootworddorp, Springs, af oor Bapsfontein gery om in Pretoria te kom. Só het Bapsfontein hoofsaaklik om twee redes in my geheue vastrapplek gekry: Eerstens was dié dorpie – en meer spesifiek die Bapsfontein-hotel – die dansmekka van die Oos-Rand, en in die tweede plek het jy pleks van mynhope en plotte aan die buitewyke van die dorp die eerste regte, egte plase raakgery: wuiwende groen mielielande in die somer; geelbruin mieliestoppels en -stronke in die herfs; alles grou en stowwerig in die winter, amper nes die plotte, en later ook ewe pikswart gebrand; en in die lente… ai, as die grond ná die eerste reën omgeploeg word en die ryk rooi sooie lê so tussen die kosmos vir jou en glimlag…
Ek probeer
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days