Waterblommetjie? Uintjies uit die vlei
Waterblommetjies (Aponogeton distachyos) het in die volksmond verskeie name: wateruintjies, vleikos, watereendjies (omdat dié veldkos met hulle geurige wit blommetjies glo nes drywende eendjies lyk). In Engels praat hulle van “water hawthorn” en “Cape pondweed”…
Die meeste mense maak gewoonlik met waterblommetjies kennis in die vorm van ’n tradisionele waterblommetjiebredie, maar ongelukkig is daar heelwat moer-by-kokke wat dié unieke Suid-Afrikaanse kookmetode heeltemal verkeerd kry. G’n wonder nie daar is so baie lekkerbekke wat by die aanhoor van die woord “waterblommetjies” onmiddellik visioene kry van ’n papgekookte vaalgroen affêre en sê hulle sit hulle mond nie daaraan nie.
“ ’n Bredie is ’n kombinasie van vleis en groente wat stadig saam gaar stowe sodat die vleis deeglik deurtrek word met die groentegeure terwyl die groente die sousigheid van die vleis opneem… nóg die vleis nóg die groente oorheers, maar albei saam word ’n genoeglike geheel waarin die kombinasie seëvier!” skryf C. Louis Leipoldt in sy boek Cape Cookery.
En in sy bakenwerk Kos van die eeu (1998) verklaar Peter Veldsman: “Bredie is ’n unieke, tydlose Suid-Afrikaanse kosskepping, maar as jy nie verstand het nie, sal jy so nimmer aste nooit dit verstaan nie. As jy nie tyd het nie, moet jy nooit ’n bredie kook nie, en as jy nie oor die gawe van hartlikheid beskik nie, moet jy dit nooit
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days