Idees

HOENDER IS KONING

GEBRAAIDE PLATHOENDER MET ’N APPELBIER-GLASEERSEL

Hoender word veel vinniger en meer eweredig gaar as jy dit oopsny en platdruk, veral as jy van plan is om dit te braai. Die appelbierglaseersel sorg vir ’n fantastiese, soet, vrugtige geur en word nader aan die einde van die gaarmaaktyd aangeverf om te keer dat dit aanbrand.

Genoeg vir: 4-6

Bereidingstyd: 30 minute, plus marineertyd

Gaarmaaktyd: omtrent 1 uur

♥ 1 heel hoender
♥ 1 bottel (340 ml) droë appelbier
♥ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
♥ 1 ml gerookte paprika
♥ 125 ml tamatiesous
♥ 30 ml heuning
♥ 5 ml dijonmosterd
♥ 10 ml worcestersous
♥ 30 ml appelasyn

LENTEGROENTEBREDIE

♥ 300 g waterblommetjies
♥ 15 ml canola-olie
♥ 1 ui, gekap
♥ 1 Granny Smith-appel, geskil en fyngekap
♥ 250 ml tuisgekookte of aangemaakte hoenderaftreksel
♥ 200 g elk groenbone en langsteelblomkoolblomme
♥ vars suurlemoentiemie, vir garnering

1 HOENDER: Gebruik ’n kombuisskêr of baie skerp mes om die hoender weerskante al langs die ruggraat oop te sny. Verwyder die been. Draai die hoender om en druk dit met die onderkant van jou handpalms plat. Gebruik ’n skerp klein messie om ’n paar snye deur die vel tot in die vleis te maak.

Meng 250 ml van die appelbier, die knoffel, paprika en sout en varsgemaalde swartpeper na smaak en vryf die hoender oraloor daarmee in. Bedek die hoender en laat dit vir minstens 1-4 uur maar verkieslik oornag marineer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron
Idees2 min read
Van Die Redakteur
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Maandagaand sit ons klassie soos gewoonlik om die tafel, slaggereed om in Italiaans te gesels dat dit gons. Maar dié keer is dit effe anders. Ons nuwe onderwyseres uit die noordooste v
Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die

Related