Weg! Platteland

Maaltyd, saamtyd

Spyskaart

VOORGEREG

Aspersiequiche

VERFRISSER

Malvablaarsorbet

HOOFGEREG

Skaapboud in ’n pasteikors

Parmesaan-braaiaartappels

Pampoenpoffers met

muskadelsous

“Kruistement”-komkommerslaai

NAGEREG

Blitztorte (Aarbeie in die wolke)

Aspersiequiche

Geen versameling retro geregte is volledig sonder dié sjiek tert wat in Cooking with the Housewives’ League (1989) en Winterberg Winners & More verskyn het nie. Deesdae word quiche gebruik as algemene term vir alle soorte soutterte. Hier kry die klassieke quiche Lorraine ’n geurtjie van my ma se aspersietert. Die volgraankaaskors is sonder fieterjasies en hoef ook nie blindgebak te word nie.

Maak 1 quiche (22 cm)

Bereidingstyd 10 minute

Gaarmaaktyd 1 uur plus 20 minute afkoeltyd

JY BENODIG

VIR DIE KORS

60 g volgraanmeel
60 g koekmeel
100 g cheddarkaas, fyngerasper
100 g botter, grofgerasper

VIR DIE VULSEL

400 g vars jong groen aspersies, onderpunte afgebreek (sien die variasie)
1 eetlepel (15 ml) botter
3-4 preie, gewas, middeldeur gesny en in skyfies gesny
2-3 repe strepiespek, fyngekap
4 eiers
2 koppies (500 ml) room of melk
1 teelepel (5 ml) mosterd
1 koppie (250 ml) gerasperde cheddarkaas
1 teelepel (5 ml) sout

SÓ MAAK JY

Vryf met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Eet, Drink En Wees Vrolik!
Dié watergat teen die R536 is gewild onder die plaaslike mense. ’n Markiestent is vas aan ’n kroeg en kombuis, wat sorg vir ’n ontspanne atmosfeer en goeie, heilsame kos. Die naam “Tanks” verwys nie na die eienaar se naam, soos baie besoekers dalk di
Weg: Platteland4 min read
My Paadjie Platteland Toe
Ek is maar ’n stadsjapie. My eerste nege lewensjare was in Seepunt, gevolg deur ewe veel tyd in Vrede-hoek, Kaapstad. Dié skuif is het gekom nadat my oupa oorlede is en ons gesin by my ouma ingetrek het. Een van die lekkerste dinge van Vredehoek was
Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s

Related