Weg! Platteland

Kuskuier

spyskaart

– BEGIN –

Olywe met bloubessies

Hummus met confit-knoffel en olyfoliebeskuitjies

– HOOFMAAL –

Coq au vin blanc – die heel lekkerste hoender in witwyn!

Pampoentert met karamelsous

– NAGEREG –

Sjokoladekoek met ’n vrugte-compote en crème fraîche

Olywemet bloubessies

Glo dit of nie, maar soutige olywe en vars, soet bloubessies is ’n hemelse kombinasie wat regtig net so verslawend is soos neute of grondboontjies. Probeer gerus druiwe of appelliefies in die plek van die bloubessies.

Genoeg vir 6-8

Bereidingstyd 5 minute plus 1-2 dae marineertyd

JY BENODIG

2 koppies (500 ml) goeie olywe, gedreineer
1 koppie (250 ml) vars bloubessies
½ koppie (125 ml) goeie olyfolie
1-2 eetlepels (15-30 ml) vars roosmarynnaalde (of gebruik tiemieblaartjies)

SÓ MAAK JY

Gooi die olywe in ’n bak en voeg die bloubessies, olyfolie en roosmaryn by. Meng die bestanddele liggies met jou hande deur en sorg dat die roosmaryn eweredig versprei word. Maak dit ’n dag of twee voor die tyd en los dit in die yskas of ’n baie koel plek in jou huis om te marineer voor jy dit voorsit.

Hummus met knoffel-confiten olyfoliebeskuitjies

Hierdie is een van die lekkerste hummusresepte wat ek nog teëgekom het, al verg dit meer as om net.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –

Related