Huisgenoot

Veilige hawer

GEBAKTE ONTBYTHAWERKOPPIES

Wie het gesê jy mag nie poeding vir ontbyt eet nie? Beproef dié lipleklekker ontbytresep.

GENOEG VIR 2 MENSE

BEREIDING: 5 MIN.

GAARMAAK: 25-30 MIN.

◗ 125 ml (½ k) natuurlike jogurt
◗ 2 eiers
◗ 30 ml (2 e) heuning
◗ 2 appels, geskil, ontkern en in klein blokkies gesny
◗ 60 ml (¼ k) hawersemels
◗ 125 ml (½ k) hawermout
◗ ’n knippie sout
◗ 2,5 ml (½ t) bakpoeier
◗ fyngerasperde skil van 1 suurlemoen of lemoen

VIR VOORSIT

jogurt

grenadellapulp

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 oondvaste koppies of ramekins goed met kossproei.

1 Klits die jogurt, eiers en heuning goed saam. Voeg die appels by en meng deur.

2 Meng die hawersemels, hawermout, sout, bakpoeier en suurlemoenof lemoenskil en voeg dit by die jogurtmengsel. Meng goed deur en verdeel tussen die koppies.

3 Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar.

Sit die gebakte hawerkoppies warm voor saam met die jogurt

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Goeies, Die Grotes En Die Mooies
Clint het al meer as 40 keer in die regisseurstoel gesit en in meer as 70 flieks verskyn. In The Good, the Bad and the Ugly was hy “the man with no name”, maar ná die western het álmal sy naam geken. In 1992 het hy die Wilde Weste op ’n heel ander ma
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot11 min read
GlutenVRYE LEKKERnye
t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30-40 MIN. KOEK ◗ 220 g amandelmeel◗ 50 g glutenvrye hawermoutmeel◗ 5 ml (1 t) bakpoeier◗ 2,5 ml (½ t) sout◗ 3 groot eiers, by kamertemperatuur◗ 75 ml gesmelte en afgekoelde kl

Related