Weg! Platteland

Goed, beter, Beet

Daar is ’n rede waarom jy in haas elke kookboek minstens een beetresep teëkom: Dié herfsgroentesoort is propvol smaak, geur en voedingstowwe – gaar óf rou – en in die yskas kan jy dit vir tot drie maande hou en op verskillende maniere bewaar om later te geniet.

As jy kan, kies altyd kleiner bete van naastenby dieselfde grootte en moenie die blare weggooi nie – jy kan dit in die plek van slaaiblare gebruik en selfs spinasie daarmee vervang. Hou ook altyd ’n stukkie van die stingel en die wortel aan as jy dit kook of rooster – dit sal help keer dat die beet “bloei”.

Die algemeenste gaarmaakmetodes is om beet te kook of in die oond te bak – onthou om die skil af te trek terwyl dit nog effens warm is omdat dit dan veel makliker afkom.

My gunsteling is vars beetsap: Verpulp eenvoudig vars beet saam met lemoene, wortels, vars gemmer en ’n appel. Makliker en smaakliker en gesonder kan dit nie!

Sop van oondgeroosterde beet

Genoeg vir 4

Bereidingstyd 15-20 minute

Baktyd 1 uur

JY BENODIG

50 ml olyfolie
1 rooi soetrissie, middeldeur gesny en ontpit
1 geel soetrissie, middeldeur gesny en ontpit
6 Italiaanse pruimtamaties, middeldeur gesny
2 middelslag-uie, geskil en in kwarte gesny
2 heel ongeskilde knoffelhuisies
2 Granny Smith-appels, klokhuis verwyder en in kwarte gesny
500 g beet, gewas en middeldeur gesny
sap en skil van 1 suurlemoen
350 ml tuisgekookte of goeie aangemaakte hoenderaftreksel
100 ml Bulgaarse jogurt (of gebruik room)
100 g geroosterde kersietamaties vir garnering (opsioneel)
vars brood om voor te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related