Weg! Platteland

Al fresco-fees

Spyskaart

Kies soveel geregte as wat jy wil en sit dit saam voor of in enige volgorde.

Braaibroodjie-platbrood

Biltongpatee

Retro blaarkoppies met brandewyngarnaalkelkie

Pangebraaide fetakaas met heuning en tiemie

Geskroeide broccoli en pak choi met sojasous, sesamsaad en sprietuie

Ontbeende varknek in die ketelbraai met ’n heuningmosterdsous

Karamel-‘kaaskoekies’ met frambose

Braaibroodjieplatbrood

Almal is gaande oor dié jogurtplatbrood met dieselfde bolaag as die vulsel van ’n braaibroodjie. Dit sal ’n ware pronkstuk in die middel van die tafel vorm. Dis die maklikste om die platbrood in die oond te bak, maar jy kan dieselfde resultaat in ’n ketelbraai kry, boonop met ’n lekker rokerige geur.

Maak 1 groot platbrood

Bereidingstyd 10 minute

Baktyd 14-20 minute

JY BENODIG

1¾ koppie (250 g) witbroodmeel, plus ekstra om te sprinkel1 eetlepel (15 ml) bakpoeier1 teelepel (5 ml) sout1 koppie (250 g) dik Griekse jogurt

VIR DIE BOLAAG

2 eetlepels (30 ml) gesmelte botter±⅓ koppie (80 ml) blatjang1½-2 koppies (150-200 g) gerasperde beleë cheddarkaas1-2 groot tamaties, in dun skywe gesny (of gebruik ’n hand vol klein tamaties)½ rooiui (of wit of bruin) ui, in dun ringe gesny’n hand vol wilderoketblare vir garnering (opsioneel)

SÓ MAAK JY

Plaas die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak en roer dit goed deur. Voeg die jogurt by en gebruik ’n houtlepel of spatel om dit te meng tot ’n klonterige deeg begin vorm. Hou aan meng met die hand

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland3 min read
Eet, Drink, Wees Plesierig!
Stap deur Sutherland se geskiedenis Amanda du Preez se staptoer, Sutherland on Foot, is ’n lekker manier om meer van die dorp te sien en leer. Sy vertel stories oor die ou geboue en vroeë tye terwyl jy vir sowat twee uur die strate verken. Daar is ni

Related