Weg! Platteland

Jomer op jou Feestafel

Gekrummelde murgpampoentjies met mentjogurt

Goudbruin, bros en ekonomiese vingerkos, gedoop in ’n yskoue jogurtsous. Heerlik!

Genoeg vir 4 as ’n snoephappie

Bereidingstyd 20 minute

Gaarmaaktyd 3-4 minute

JY BENODIG

12-16 middelslag-murgpampoentjies, in die lengte in kwarte gesny
koppie (80 ml) koekmeel (of gebruik witbroodmeel)
1 teelepel (5 ml) gerookte paprika
2 ekstragroot eiers, liggies geklits
4 snye volgraanbrood (soek een wat nie te donker is nie), gepols tot fyn krummels – sien wenk
canola-olie vir diepbraai

VIR DIE MENTDOOPSOUS

1 koppie (250 ml) dubbeldik gewone jogurt
’n hand vol mentblare
1-2 teelepels (5-10 ml) vars suurlemoensap

SÓ MAAK JY

Spoel die murgpampoentjies deeglik af en skud die oortollige water af – jy het ’n klein bietjie vog nodig sodat die meel kan klou. Kry nou jou werkplek vir die krummellaag reg: Sit die meel en paprika in ’n vlak bord, geur dit met sout en peper, en meng alles goed saam. Giet die eier in nog ’n vlak bord en die broodkrummels in ’n derde. Doop elke murgpampoentjiestokkie in die gegeurde meel, dan in die eier en laastens in die krummels – rol dit deeglik in elke mengsel sodat dit oraloor bedek is – en pak dit op ’n bord.

Gooi canola-olie in ’n middelslagkastrol tot dit 3-4 cm

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi

Related