Weg! Ry & Sleep

Soos ’n uil op ’n kluit

Waar is die pad, wonder ek terwyl die droë rivierloop waarin ek ry, in ’n swartwattelbos doodloop. Wag ’n bietjie... ja, daar voor draai hy skerp na links, oor die rivier se wal. Ek frons wanneer ek sien hoe hoog die wal is. Die Isuzu mu-X waarin ek ry, is eintlik nie gemaak vir sulke hindernisse nie.

Ek is in die Oos-Kaap, op soek na ’n lekker agterpad van Gauteng tot in die Addo-olifant- nasionale park. Toe ek my beplanning gedoen het, het die Katbergpas na ’n goeie opsie gelyk, en my vrou het my vertel van die nabygeleë Devil’s Bellows-pas wat sy 13 jaar tevore met ’n Volkswagen CitiGolf aangedurf het. In daardie stadium was ons pas getroud en sy het vir Natuurbewaring gewerk. Sy moes die bergpas destyds ry om sensus te neem van indringerplante, en sy onthou hoe sy gereeld

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
Verrassings Langs’n Grondpad
Die N8-deurpad tussen Kimberley en Bloemfontein laat die wêreld vinnig verbyflits, maar ry gerus eendag die Koffiefonteinpad oor nedersettings soos Oppermansdorp en ’n staalbrug oor die boloop van die Kalkfonteindam. Jy gaan dit aansienlik meer genie
Weg: Ry & Sleep3 min read
Gaan Leer By Europa
Die Europese Woonwavereniging, bestaande uit 15 lidlande, het in 2020 by die 6 miljoen kampvoertuie op sy boeke gehad. Die meeste van hierdie 3,5 miljoen woonwaens en 2,4 miljoen ryhuise is in Wes-Europa geregistreer, in lande soos Duitsland, Frankry
Weg: Ry & Sleep2 min read
Eenvoud Wen
Toyota het sy IMV 0-konsepvoertuig in Desember 2022 bekend gestel, en op daardie geleentheid het Akio Toyoda, Toyota se huidige voorsitter en kleinkind van Toyota-motors se stigter, Kiichiro Toyoda, gesê hierdie bakkie is die vergestalting van Toyota

Related