OP JOULEESLYS vir Maart/April
KOS
THE EAST AFRICAN COOKBOOK
– SHEREEN JOG (STRUIK LEEFSTYL, R260)
Hierdie boek is ’n ode aan ’n cuisine wat tegelykertyd modern en tog ook gewortel is in die tradisionele kookmetodes en kossmake van Oos-Afrika. Die vyfde-generasie-Tanzaniër Shereen Jog deel haar resepte vir soppe, slaaie, hoofgeregte en nageregte. Die resepte, boordens toe vol geure uit Oos-Afrika en Indiese speserye, sal ’n ieder en ’n elk inspireer om watertandlekker maaltye vir hulle vriende en familie te kook. Shereen is bekend vir haar kreatiwiteit, hoe sy eksperimenteer en speel met geure en steun op ’n oorvloed vars, organiese bestanddele en die invloede van ’n multikulturele omgewing om geregte te berei wat Arabiese, Swahili-, Indiese én koloniale tradisies weerspieël. Van kontemporêr tot tradisioneel is hierdie versameling resepte so gesond soos wat dit oorloop
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days