Weg!

Baksheesh, dis Egipte!

Ons het geweet Egipte gaan nie maklik wees nie. Omkopery (baksheesh) is net een van die uitdagings wat ons die hoof sou moes bied. Nadat ons wyd aanlyn oorlandforums gelees het, het ons geweet grenskruisings sou moeilik wees, dat ons oral kwanselaars sou teëkom en dat ons waarskynlik nie altyd veilig sal wees nie. Ons is ook aangeraai om nie alleen deur die Sinai-skiereiland te ry nie, en dat die Oase-roete (die mooiste woestynroete wat jou van een oase na ’n volgende neem) gevaarlik is – jy het militêre begeleiding nodig, volgens die forums.

Tog het dinge goed vir ons verloop. Ons het dit maar toegeskryf aan ’n positiewe houding en ’n tikkie geluk.

Binne net een uur het ons ons visums gekry van die Egiptiese konsulaat in die kusstad Aqaba, Jordanië. Van daar af is ons en ons Toyota Hiluxdubbelkajuit (2001-model, KZTE) op ’n veerboot na die dorp Nuweiba, aan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related