Weg!

Tanzanië kyk diép in jou beursie

Die Swahili-woord “safari” beteken “reis”, en Tanzanië is beslis ’n hoogtepunt op ons epiese reis. Net soos ander natuurliefhebbers het ons grootoog gekyk na die fantastiese natuurfoto’s op blink tydskrifblaaie. Ons moes besluit wat ons regtig wou sien en ons roete dienooreenkomstig beplan. Tanzanië is groot en ons kon nie alles inpas nie. Dus het ons gemik na die groot parke in die noorde van die land: Die Manyarameer, die Ngorongoro-bewaringsgebied, Tarangire en die Serengeti, met ’n kort kuier by die Natronmeer. Afrika se “Tuin van Eden” was vol beloftes van natuurskoon en diere en ons was meer as gereed.

Troopy-spore

Sake by die Namaga-grenspos tussen Kenia en Tanzanië was maklik – die beamptes het nie eens na ons voertuig gekyk nie. Ons het direk (100 km) na die Arusha-lughawe gery waar ons Marie se Franse neef Aksel Kibarer en sy gesin ontmoet het. Hulle sou by ons aansluit vir ’n kort safari. Die kinders, Elio (7) en Thelma (10), het nie juis geken van in die bos kamp nie.

Hulle het ’n Toyota Land Cruiser Troopy by Arusha Car Rental gehuur. Dié voertuig het dubbele daktente, ’n yskas en gaskookblad en ’n paar stukke kamptoerusting. Ons het die aand in Arusha geslaap,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related