'n Tropiese somer
Blikhoender met pynappelsalsa
Genoeg vir 6 Bereidingstyd 20 minute Gaarmaaktyd 1½ uur
Die pynappelsalsa komplementeer die rokerige knoffelhoender perfek. Koop ’n pynappelsalieplantjie by ’n kwekery en vat dit saam op vakansie sodat jy vars blaartjies kan oes wanneer jy kook.
Jy benodig
• 3 takkies pynappelsalie of tiemie
• ¼ koppie sagte knoffelbotter
• 1 heel hoender
• ½ teelepel elk braaisout en paprika (of na smaak)
• 1 blik (330 ml) pynappelgeur Fanta
• ½ pynappel, geskil, kern verwyder en gekap
• ½ rooi soetrissie, ontpit en fyngekap
• ½ koppie rooiui, fyngekap
• 1 ryp avokado, in blokkies gesny
• 200 g kersietamaties, middeldeur gesny
• sap van ½ suurlemoen
• ’n strooisel vars koljanderblare
Só maak jy
1 Stroop die salieblare van die takkies af. Druk die salie en knoffelbotter oraloor onder die hoender se vel in – werk versigtig sodat die vel nie skeur nie. Smeer ook van die botter in die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days