Vrouekeur

Klere maak die man

Gertjie hou van mooi klere. Dit was nog altyd so. Subtiele kleure, goeie teksture, ’n nommerpas-snit en die gevoel van gehalte teen sy vel – dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Die beste deel van sy dag is immers wanneer hy voor die groot winkelvensters in die stad kan gaan staan en die nuutste modes bekyk. Bekende handelsname soos Armani, Hugo Boss en Pierre Cardin laat sy kop duisel. Soms skraap hy selfs die moed bymekaar om in te stap en aan die pakke en hemde te raak. Dit ruik altyd skoon en vars daar binne. Nes duur naskeermiddel. En boonop drup styl behoorlik van die verkoopsmense af. Soos stroop. Maar die genot van die sensasies hou nie lank nie, want voor hy hom kom kry, word sekuriteit geroep en moet hy die winkel inderhaas verlaat.

Hy droom van New York, Parys en Rome.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur2 min read
Pantoffels
MOEILIKHEIDSGRAAD: ★ 110 g Chunky (blou) of 70 g Seriously Chunky (rooi) per paar 8 mm-breinaalde aw = aweregs H/af = heg af r = regs rs = reksteek (elke ry regs) Pas 5–6(7–8) voetgrootte ▶ Gebruik breidraad wat jy beskikbaar het en pas die hoeveelhe
Vrouekeur1 min read
Blokraaie
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3 kassie die letters BRANDSTOF bevat. Dis al wat jy moet doen! Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Om uit te vind wat SUDOKU is, gaan kyk na http://en.wikipedia.org/wiki/S
Vrouekeur1 min read
Sudoku 14
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3- kassie die nommers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen! G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logi

Related