Rooi Rose

EK WENS jy was hier …

Dis op sy beste ’n uitdaging om jou papierwerk vir ’n VK-visum aanlyn af te handel en in te stuur, maar as jy boonop min tyd het, is dit ’n krisis. Jy kry eers jou inligting vir jou aanlyndokumentasie bymekaar en dan probeer jy sonder onderbreking invul - op sigself moeilik - maar op spertyd byna onmoontlik. En as jy eers begin foute maak, reisinligting verwar of herhaal, begin jy liewer van vooraf … en stres dan oor die ekstra tydsverloop.

Die Celebrity-redery is alombekend vir vernuwende denke en nuwe konsepte, en die Edge is hul opwindendste bekendstelling tot op hede. Van die heel beste talent ter wêreld is vir hierdie konseptuele Edgeontwerp gebruik - van die argitektuur van die skip ( ja werklik, dis wat hulle dit noem en argitekte het in Frankryk waar die skip gegiet en ontwerp is, baie ure hieraan bestee) tot die binne-versiering en kuns wat die konsepte uitbou en ondersteun. Name soos dié van Kelly Hoppen MBE, Cornelius Gallagher, Brian Able en Paris Swan is indrukwekkend, en die vooruitsig om hulle oor hul werk te hoor praat, is iets wat ’n mens behoorlik nuuskierig maak.

Volgens die bemarkingsmateriaal is die skip tegnologies besonder gevorderd, en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Winterblomme
1 ROK MET BLOMMOTIEF (R3 799; XS-L) SCOTCH & SODA. 2 LEERBAADJIE (R6 580; XS-XL) TED BAKER. 3 STUDIO W-HEMP (R399; 4-20) WOOLWORTHS. 4 ENKELSTEWELS (R1 599; 2,5 -9) STEVE MADDEN. Indien jy in ’n geblomde kledingstuk wil belê, begin by ’n geblomde
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose1 min read
Blink
Die belangrikste is dat jy die klere bedags ook moet kan dra. ’n Goue blinkerbaadjie is nou die perfekte pasmaat by ’n gestreepte blou toeknoophemp. 1 BAADJIE (R899; S-XL) ZARA. 2 T-HEMP (R199; XS-XL) MANGO. 3 SNEAKERS (R1 599; 3-11) ADIDAS. 4 WYE

Related