Rooi Rose

DOELGERIG

‘Ek het gou besef al die fasette van toneelwerk en produksie gaan hand aan hand. Ek was ywerig om te leer en uiting aan my kreatiwiteit te gee’ - Greta Pietersen

Greta Pietersen se ma, Elna, het geweet haar jongste spruit gaan eendag ’n kreatiewe rigting inslaan. Greta vertel laggend dat haar ma soms ’n bietjie oordryf, maar graag vertel hoe Greta as kind soggens uit die bed gespring het en dadelik haar kleurkryte gegryp het om te begin inkleur.

“My ma het my kreatiewe vryheid gegee en ek het oral op ons huis se mure geteken,” vertel sy.

Sy was ook van kleins af ’n regte performer. “Ek het gereeld vir my ouers en ouer boeties konsert gehou en meestal Bybelstories, soos die geboorte van Jesus opgevoer. Ek het graag die engel Gabriël gespeel. Ek het so ’n geel-en-koningsblou sambreeltjie met valletjies gehad wat as die engel se vlerke moes dien, en my ma se bruin sitkamerbanke was my verhoog.”

Ná matriek aan die hoërskool Centurion moes sy tussen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee

Related