AANGENEEM – OP 41 JAAR
‘HALLO?” Die stem aan die ander kant is gedemp, baie soos Jeanne s’n. “Is iemand daar?”
“Ja. Kan ek met Jeanne Kerr praat?”
Ek hou al my duime vas.
“Wie soek haar?” kraak die stem.
“Dis Regina Louise; ek dink ons het mekaar dalk ontmoet …”
“Ek dink nie so nie,” onderbreek die vreemdeling my, en haar stem raak effens verdedigend.
“Het jy …”
Die lyn gaan dood.
“ … ooit by die Edgar-kinderskuiling gewerk?” wou ek nog vra.
Die jongste Jeanne sluit by die lang lys uitgekrapte Jeannes aan wat ek in ’n verweerde notaboek in potlood, pen en kryt neergeskryf het.
Ek het die Jeanne wat ek soek in 1977 laas gesien. Ek was toe 15 en het in ’n jeughof voor ’n kromnekmikrofoon gestaan met my regterhand omhoog, gereed om “die waarheid, die volle waarheid en niks behalwe die waarheid” te vertel oor wat dit sou beteken om by iemand te woon wat my regtig wou hê.
Ek het die hof gevra om toe te laat dat Jeanne Kerr, my berader van die Edgarkinderskuiling in Martinez, Kalifornië, my aanneem. Oomblikke tevore het my maatskaplike werker bewyse ingedien van my “eskalerende” gedrag: wegloop, leuens, die doelbewuste sabotasie van elke pleegsorgplasing net sodat ek kon teruggaan na die skuiling, na Jeanne toe.
Ek en Jeanne het mekaar op 1 Mei 1975 ontmoet toe ek ’n dag voor my 13de verjaardag by die skuiling aangekom het. Haar opgewondenheid oor
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days