Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Briewe aan my kinders
Briewe aan my kinders
Briewe aan my kinders
Ebook196 pages37 minutes

Briewe aan my kinders

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar dié stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat – en toe nog verder na Jansen se duidende volgelinge op Facebook en Twitter. Jansen het elke dag ’n “brief aan sy kinders” geskryf, ’n klein stukkie lewenswysheid oor enigiets van die liefde tot menswees. Dié humoristies dog aangrypende twiets bewys oor en oor hoekom Jansen Suid-Afrika se morele barometer geword het.’n Bundel met outydse raad, geskryf in ’n 21ste eeuse formaat, wat aanklank sal vind by oud en jonk.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 29, 2012
ISBN9780624057949
Briewe aan my kinders
Author

Jonathan Jansen

Prof Jonathan Jansen is a leading South African educationist, commentator and the author of several books including the best-selling 'Letters to My Children'. He is the former vice-chancellor of the University of the Free State, where he earned a reputation for transformation and a deep commitment to reconciliation. He is married with two children.

Related to Briewe aan my kinders

Related ebooks

Related articles

Reviews for Briewe aan my kinders

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Briewe aan my kinders - Jonathan Jansen

    Briewe aan my kinders

    Jonathan Jansen

    Tafelberg & Bookstorm

    Aan die ma van my kinders,

    Grace, die eintlike opvoeder

    voor.jpg

    Hier is eers iets oor die sosiale media

    Die briewe in hierdie versameling is oorspronklik deur Facebook en Twitter die wêreld ingestuur. Ek besef dat nie al die lesers van hierdie boek tuis is op die sosiale netwerke nie; hier is dus ’n kortlys uit die algemene jargon om jou hierdie nuwe manier van kommunikasie te help ontsyfer. Ignoreer dit maar as dit ou nuus vir jou is.

    Facebook en Twitter se voertaal is hoofsaaklik Engels. Facebook het wel die keuse van ’n Afrikaanse weergawe vir sy gebruikers, waarop hy in ’n beperkte aantal gevalle Afrikaanse terme gee, Twitter nie. Dit het tot gevolg dat daar vir heelwat terme nie geredelik Afrikaanse ekwivalente beskikbaar is nie. Direkte vertalings en nieuskeppings werk nie altyd nie, omdat ons in die linguisties grys wêreld van die sosiale media is waar woorde hulle gans anders gedra as in formele woordeboeke. Soms kan ’n term nie vertaal word nie, omdat die betekenis in die betrokke twee media ietwat anders as die woordeboekbetekenis is. Om ‘fan’ met bewonderaar te vertaal, sal byvoorbeeld misleidend wees. Om dieselfde rede het Facebook se Afrikaanse weergawe waarskynlik nie ‘poke’ vertaal nie en dit net so gehou. Hierdie lys, in alfabetiese volgorde, is dus ’n mengelmoes van Afrikaans en Engels: Afrikaanse terme waar hulle wel gebruik word of vanselfsprekend is, met die Engels in hakies waar nodig, en Engelse terme waar Afrikaanse terme nie algemeen gebruik word nie, maar telkens met moontlike Afrikaanse vertalings in hakies.

    @: Op Twitter word die @-teken gebruik om gebruikersname in twiets uit te roep, soos: Hallo@Twitter! Wanneer ’n gebruikersnaam deur die @-teken voorafgegaan word, word dit ’n skakel na ’n Twitter-profiel.

    Antwoord (reply): Op Twitter is dit ’n twiet wat in antwoord op ’n ander gebruiker se boodskap geplaas word.

    Avatar: Die persoonlike beeld wat op jou Twitter-profiel gelaai word. Dit kan ’n foto van jou wees, of iets anders.

    Blog (selfstandige naamwoord of werkwoord): ’n Individu se aanlyndagboek of -rubriek.

    Chat (gesprek): ’n Facebook-kenmerk waardeur gebruikers met vriende of ander gebruikers wat hulle ken, kan praat wanneer hulle terselfdertyd Facebook gebruik.

    Deel (share): Facebook-gebruikers kan inhoud op hul vriende se bladsye met ander vriende deel.

    Direkte boodskap (direct message): ’n Private, regstreekse boodskap op Twitter tussen die sender en ontvanger.

    Facebook: ’n Netwerk waarop inligting met familie, vriende en ander mense wat jy ken, of wat jou ken, gedeel kan word.

    Fan: Iemand wat by ’n Facebook-blad aangesluit het omdat hy of sy hou van wat daardie blad verteenwoordig.

    Favourite: Die aksie op Twitter wanneer jy ’n twiet as een van jou gunstelinge merk deur op die geel ster langs die boodskap te kliek.

    Handle: Die gebruikersnaam wat ’n Twitter-gebruiker gekies het.

    Hashtag (voorstelle vir vertaling sluit in merk en hekkie, maar geeneen word op Twitter gebruik nie): Op Twitter word die simbool # ’n ‘hashtag’ genoem en dit word gebruik om sleutelwoorde of onderwerpe in ’n twiet te merk. Dis deur Twitter-gebruikers geskep om boodskappe te kategoriseer.

    Hertweet (retweet), selfstandige naamwoord: ’n Twiet deur ’n ander Twitter-gebruiker wat deur iemand wat jy volg na jou aangestuur word. Dit word dikwels gebruik om nuus te versprei of nuttige bevindings op Twitter te deel.

    Hertweet (retweet), werkwoord: Om ’n ander Twitter-gebruiker se twiet na al jou volgelinge aan te stuur. Afkorting: RT.

    Hou van (like): Op die Afrikaanse weergawe van Facebook word ‘hou van’ gebruik; op sommige webwerwe duik ‘laaik’ op. Op Facebook stel ’n knoppie onder inhoud gebruikers in staat om ander te laat weet dat hulle daarvan hou. Die inhoud kan ’n boodskap, ’n video, ’n foto of wat ook al wees.

    Kommentaar (comment): Facebook-gebruikers kan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1