SARIE

VRIENDE BY DOSYNE LANK SAL HUL LEWE

Ons almal kan waarskynlik met die Oscarbenoemde fliek The Banshees of Inisherin se storielyn identifiseer: ’n Vriendskap wat sneuwel. Die een klap die vriendskapsdeur toe – terwyl die ander een dit desperaat probeer oopdwing. Seer sekerlik was jy al aan die ontvangkant van so iets. Of dalk was jy die een wat wegstap. Dus weet jy maar te goed: Menslike verhoudings ís ’n taai toffie.

Hel is ander mense, lui die bekende aanhaling uit Jean-Paul Sartre se toneelstuk Huis Clos. Ja, om tussen ander te wees, met al hul kwellings en eise, kan moeilik wees. Om nie te praat van jou eie giere en geite nie. Jy kan nie net, soos met sosiale media, jou skootrekenaar toemaak met die eerste teken van ongemak of konflik nie. Net maar op jou tande byt en probeer om geduldiger, ruimhartiger en bedagsamer te wees as wat Twitter of Facebook van jou vra.

Esha Joshi skryf tong in die kies oor vriendskappe in die aanlyn skoolkoerant van die Pinewood School in Kalifornië (): “Dis soos Valentynsdaglekkergoed: Soet op die tong, mooi om na te kyk, maar in oormaat ’n stil moordenaar.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE7 min read
’N KONINKLIKE BESTEMMING Bloubloed stil-stil in SA
“Ons” fassinasie met “hulle” – die koninklikes en adellikes van die wêreld – kan nie ontken word nie, nie eens deur die mees geswore republikein nie! Wanneer dié bloubloediges boonop die een of ander verbintenis met ons mooie Suid-Afrika het, het jy
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE7 min read
‘My Ma Het Ons Nooit Weer Kom Haal’
Terry Steenhuisen onthou dit so goed asof dit gister gebeur het. Sy was nege jaar oud. Dit was Vrydag, ’n verpligte “uit-naweek” by die kosskool. Sy het met haar tassie by die venster gesit en uitgekyk vir haar ma. Die motors het gekom en gegaan, maa

Related