Huisgenoot

STAALTJIES UIT DIE REGISSEURSTOEL

HY MAAK HEELWAT DINGE BEKEND WAT GROOT NAME IN DIE BEDRYF EERDER GEHEIM SOU WOU HOU

HY HET Denzel Washington sy eerste Oscar help wen, Brad Pitt in ’n Western gesit in Legends of the Fall, Leonardo DiCaprio in ’n gangbare Zimbabwiese aksent laat praat in Blood Diamond en Tom Cruise in ’n Japannese kryger verander vir die fliek The Last Samurai.

Anthony Hopkins, Daniel Craig, Claire Danes, Jake Gyllenhaal, Anne Hathaway en talle ander het al met hom saamgewerk. Hy het al te doen gekry met suinige vervaardigers, wispelturige akteurs en Harvey Weinstein op die kruin van dié se golf van manipulasie en mag.

In sy meer as 40 jaar as ’n skrywer, regisseur en vervaardiger het Ed Zwick die beste en slegste van Hollywood gesien. As ’n baanbreker-TV-skrywer en bestuurder het hy die trefferreekse Thirtysomething en My So-Called Life gemaak. Agter die kamera as ’n regisseur en vervaardiger het Ed (71) saam met die grootste sterre in die bedryf die wêreld vol gegaan.

Ed het sy loopbaan as ’n joernalis begin. In ’n oomblik van bepeinsing in die inperking, nadat ’n nuwe weergawe van Thirtysomething op die lange baan geskuif is, het hy besluit dis tyd om sy stories neer te skryf. Die gevolg is Hits, Flops, and Other Illusions: My Fortysomething Years in Hollywood, genotvolle memoires wat op sy vol loopbaan terugkyk.

“Ek’s gewoond daaraan dat mense oor my rolprente stry,” sê Ed in ’n video-oproep uit sy huis in Santa Monica, Kalifornië. Die bebaarde man het ’n uilbril op en sy blokkieshemp is ietwat gewaagd oopgeknoop. Hy lyk soos ’n Hollywood-veteraan.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related