Tuis

Hoera vir hoender

HOENDER MET TUISGEMAAKTE JALAPEÑO-SOUS

Dié rissiesous is baksous sowel as bykos. Dis heerlik geurig, eerder as skelwarm – proe self.

Genoeg vir 6Voorbereiding: 40 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur en 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

6 hoenderkwarte
1 blik (400 ml) klapperroom
gestoomde rys vir voorsit
vars koljander en lemmetjiesap (opsioneel)

JALAPEÑO-SOUS

10 ml olyfolie
1 klein ui, gekap
3 knoffelhuisies, heel
10 mediumgroot jalapeño-rissies, grofgekap
180 ml wit asyn
125 ml kookwater
30 ml suurlemoensap
3 ml sout
5 ml gedroogde origanum
10 ml suiker
2 ml komynsaad
3 ml swartpeper
30 ml gekapte vars koljander en ’n skeut lemmetjiesap (opsioneel)

1 Maak die sous Verhit die olie en braai die ui en die knoffel saam tot glansend. Voeg die res van die sousbestanddele, behalwe die vars koljander, by sodra die ui begin verkleur. Bring die sous tot kookpunt, laat prut vir 2 minute en verwyder van die hitte. Roer die koljander by en laat effens afkoel. Maak die sous fyn met ’n staafmenger (besluit self hoeveel tekstuur dit moet hê) en proe of dit dalk nog ’n knippie sout of peper kort. Die resep maak sowat 600 ml, maar jy gebruik net die helfte vir die oondhoender. Bêre die res in ’n gesteriliseerde fles in die yskas en gebruik dit binne 2 weke.

2 Vir die hoender Voorverhit die oond. Maak met ’n skerp mes 3 of 4 diep insnydings deur die vel in elke hoenderporsie. Geur met sout en peper en braai in ’n pan tot oraloor goudbruin. Rangskik die porsies in ’n diep oondbak, velkant na bo.

3 Skep ’n opgehoopte eetlepel jalapeño-sous op elke hoenderstuk en smeer dit oraloor met die agterkant van die lepel om seker te maak dit gaan in al die insnydings. Giet die klapperroom in die oondbak en bak die hoender vir 40 minute of tot smeltsag en mooi bruin. Sit voor met baie gestoomde rys om al die heerlike sous te geniet. ’n Strooisel vars koljander en ’n skeutjie vars lemmetjiesap is opsionele ekstras.

Stap vir stap

STAMPMIELIE-ENHOENDERPAELLA

Moenie skrik vir die lang gaarmaaktyd nie – sodra die stampmielies gaar is, is die res gou en maklik.

Genoeg vir 8Voorbereiding: 1 uur, plus weektyd oornagGaarmaaktyd: 2½ uur

500 g stampmielies-en-bone, oornag in water geweek
16 hoenderboudjies
45 ml olyfolie
1 ml gerookte paprika
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 chorizo (180 g), gesny
2 uie, gekap
30 ml tamatiepasta
500 ml hoenderaftreksel
2 lourierblare
Maldon-sout na smaak
60 ml gekapte platblaarpietersielie
vars suurlemoensap

1 Kook die geweekte stampmielies-en-bone in skoon water tot net-net sag (net meer as 1 uur).

2 Meng die hoender met 15 ml van die olyfolie, die gerookte paprika en ’n ruim skeut sout en peper. Braai oor matige kole tot die hoender goudbruin en so te sê gaar is.

3 Verhit intussen die res van die olie in ’n groot platboompot of paellapan en braai die chorizo stadig tot bros. Skep uit, maar behou die geurige olie. Braai die uie tot sag en glansend in die olie. Roer die bros chorizo en tamatiepasta by en braai nog ’n paar minute.

WENK Voeg ’n knippie suiker by as jy die suur wil temper.

4 Roer die gaar stampmielies-en-bone en die lourierblare by en rangskik die gebraaide hoender in ’n laag bo-op; giet die aftreksel oor. Laat prut stadig vir 20-30 minute of tot die geure goed ontwikkel het en die meeste van die aftreksel geabsorbeer is. Geur met ’n laaste strooisel Maldon-soutvlokkies, strooi die pietersielie oor en sit voor met vars suurlemoensap na smaak.

Stap vir stap

DUBBELGEBRAAIDE HOENDERVLERKIES

Braai jou vlerkies twee keer in olie, dan behou hulle hul bros buitelagie wanneer jy dit in ’n pikante sousie doop.

Maak 32 happies
Voorbereiding: 35

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related