Landbouweekblad

HOERA VIR HOENDER!

Oondgeroosterde hoender met suurlemoen-en kruiebotter

My geheim vir goudbruin, bros hoendervel is gegeurde botter wat ek in die hoender se vel invryf. Daarna word ’n mildelike lagie seesout en swartpeper oor die gebotterde vel gesprinkel.

• 1 groot skrophoender, skoongemaak en oortollige vet verwyder
• 1 groot suurlemoen, skil fyn afgerasper
• 125 g sagte botter
• 4 knoffelhuisies, baie fyn gekap
• 20 ml vars kruie van jou keuse, baie fyn gekap
• Seesout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Druk die hoender droog en geur die binneholte mildelik met sout. Sny die suurlemoen, waarvan die skil afgerasper is, in wiggies. Druk die suurlemoenwiggies in die binneholte van die hoender en bind die hoender se pote met tou vas. Klop die botter, knoffel, kruie en suurlemoenskil goed saam. Vryf die gegeurde botter mildelik oor die hele hoender in en geur daarna goed met sout en peper. Sit die hoender in ’n oondbak en oondrooster vir 30 minute. Haal uit die oond, bedek die hoender met foelie en verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Oondrooster vir nóg 60 minute tot die hoender deurgaar en sag is. Haal die foelie af en skep van die pansouse oor die hoender. Verhit die oond se roosterelement en oondrooster die hoender vir ’n paar minute om dit ’n diep goudbruin kleur te gee. Sit voor met aartappels en slaai. Lewer 6 porsies.

Gemarineerde peri-perihoender

• 1,5 kg hoenderporsies

MARINADE

• 8 knoffelhuisies
• 3 rooi brandrissies, grofgekap
• Sap en fyngerasperde skil van
1 groot suurlemoen
• 125 ml kookolie
• 30 ml gerookte paprika
• Sout en swartpeper na smaak
• Gekapte vars pietersielie

Sit die hoenderporsies in ’n groot verseëlbare plastieksak. Verwerk alles vir die marinade in ’n voedselverwerker tot ’n gladde sous. Giet dit oor die hoenderporsies in die sak. Druk soveel lug moontlik uit die sak en verseël die sak lugdig. Laat marineer die hoender vir minstens 4 uur, maar verkieslik oornag, in die yskas.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Keer die hoender en marinade uit in ’n oondbak waarin die hoenderporsies gemaklik in ’n enkellaag pas, met ruimte tussen die porsies. Geur weer met sout en peper. Bedek met foelie en bak vir 30 minute. Haal die foelie af, bedruip die hoenderporsies met van die sous in die bak, en bak vir nog 30 minute tot die hoender gaar en goudbruin en die marinade afgekook is. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit voor. Lewer 6 porsies.

Suurlemoenbotterhoender

• 8 hoenderporsies
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 30 ml olie

BOTTERSOUS

• 60 g sagte botter• Sap en fyngerasperde skil van1 groot suurlemoen• 30 ml• 5 ml vars gemmer, gerasper• 3-4 vars suurlemoenwiggies• Gesnipperde stingeluie, om af te rond

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
‘Besigste Lughawe In Suidelike Halfrond’
DIE meeste vliegtuie wat hy al binne ’n uur op die Nampo-oesdag se vliegveld buite Bothaville moes hanteer, was 70, sê Cliff Lötter, gesoute lugverkeerbeheerder by die Nampo-vliegveld. Volgens die lughawensmaatskappy (Acsa) se statistieke vir die 202
Landbouweekblad2 min read
Vir Jou Maak AFGRI ’n Plan
Sedert die vroeë jare van die Nampo-oesdag se bestaan is AFGRI daar om sy landbou-oplossings na die boer te bring. “Vir ons is dit belangrik om jaar ná jaar op die Nampo-oesdag te wees sodat ons ons netwerke met ons klante kan versterk. Dit gee ons o
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe

Related