STROGANOFF-PASTA
Met dié lekker aandete gee jy ’n hele gesin met een steak kos.
■ 1 pak (500 g) lintnoedels
■ 250 g portabellini-sampioene
■ 250 g knopiesampioene
■ 60 g botter
■ 80 ml sjerrie
■ 250 ml room
■ Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
■ 400 g riboog- of kruissteak
■ 30 ml olyfolie
■ ’n Skeut vars suurlemoensap
Kook die pasta in ’n kastrol met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, snipper die sampioene en braai dit in ’n groot pan in die botter tot gaar en goudbruin. Voeg die sjerrie by, laat vinnig opkook en kook tot die sjerrie